21 Desember 2022
‘n Verdagte is gister in Springs aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat hy ‘n polisiebeampte aangerand het nadat hy gewaarsku is om nie in die openbaar te drink nie.
In ‘n video – wat wyd op die sosiale media versprei word – kan gesien word hoe die polisieman terug deins terwyl die verdagte hom herhaaldelik met die plathand klap.
‘n Vroulike beampte probeer tussenbeide tree, maar die verdagte steur hom klaarblyklik nie aan haar nie.
Volgens die polisie se woordvoerder, brigadier Brenda Muridili het die wetstoepassers versterkings ingeroep waarna die verdagte op die vlug geslaan het.
Hy is later deur die aand aangekeer.
Muridili sê die man word aangekla van aanranding van ‘n polisiebeampte en hy sal more in die hof verskyn.
I am beyond shocked. This is what has happened of South African law enforcement agencies.
— Herman Mashaba (@HermanMashaba) December 21, 2022
I am sure we all know the cause.
These are the direct results of a Nation governed by a compromised leadership.
We are in trouble. pic.twitter.com/mOmibBYCVt