18 April 2023
‘n Wedstryd in die eerste rondte van die Wêreld Snoekerkampioenskap moes gister gestop word nadat ‘n klimaatsaktivis oranje poeier op die snoekertafel uitgegegooi het.
Die aktivis van die Just Stop Oil-groep het gedurende Joe Perry en Robert Milkins se kragmeting in Sheffield, in Engeland op die tafel gespring en die oranje poeier op die snoekertafel uitgegooi. Hy is deur veiligheidswagte van die tafel en gebou verwyder.
Nóg ‘n aktivis is gekeer voordat sy die wedstryd, wat op dieselfde tyd plaasgevind het, kon onderbreek.