28 Junie 2022
Inwoners van die Gomorra informele nedersetting is besig om in Pretoria-Wes te betoog.
Verskeie paaie in die omgewing word deur die gemeenskap versper. Motoriste is glo ook vroeër vanoggend met klippe gegooi.
Van der Hoff weg is op verskeie plekke gesluit.
Die Hercules gemeenskapspolisieeringsforum se Jan Prinsloo sê van die betogers is aggresief. Die forum sê op sy Facebook-blad dat Attie- en Theo Slabbert-strate steeds versper word en sê mense moet die gebied vermy.