27 Oktober 2022
Die graad 1-leerling van Curro Thatchfield, in Centurion wat gisteroggend voor skool gesterf het, is as Azania Madonsela geïdentifiseer.
Die waarnemende uitvoerende hoof van dié laerskool, Dean Verwey het in ‘n emosionele video op Facebook die voorval as ‘n fratsongeluk beskryf.
Nooddienste het gister onthul dat ‘n ouer van die skool ‘n graad 1-leerling met ‘n motor getref het.
Verwey sê berigte oor beweerde nalatigheid of dat die motoris gejaag het, is vals.
Hy het ouers verseker dat kinders steeds veilig by die skool is en dat alle nodige veiligheidsmaatreëls by die skool in plek is en in plek was tydens gister se voorval.
Volgens Verwey was hulp onmiddellik ontbied en het Madonsela in sy arms gesterf.
Kyk hier na die video: