3 Junie 2022
Leerlinge by ‘n laerskool in Gauteng het gister op ‘n menslike geraamte onder ‘n tydelike klas afgekom toe hulle ‘n sokkerbal onder dié klas uitgehaal het.
Die leerlinge van Laerskool Weiler in Alexandra is gister vroeg huistoe gestuur sodat polisie die toneel kan ondersoek.
Volgens die Gautengse onderwysdepartement het die polisie bevestig dat dit wel menslike oorskot is.
Gauteng se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, sê die skool sal nie sluit terwyl die polisie die saak ondersoek nie, maar daar sal vir die kinders emosionele ondersteuning aangebied word.
Die beendere is intussen van die skoolgronde verwyder.
https://twitter.com/EversonLuhanga/status/1532390605648801792