1 Desember 2022
Die adjunk-stadsbestuurder van die eThekwini-munisipaliteit, dr. Musa Gumede, het sy pak klere vir ‘n baaikostuum verruil en in die branders by Umhlanga se hoofstrand ingevaar.
Nadat die stad se burgemeester, Mxolisi Kaunda deur die opposisie uitgedaag is om self die water aan te durf, het Gumede – wat ‘n mediese dokter en hoof van parke en ontspanning is – tot dié stap oorgegaan om te bewys dat die strand veilig is vir swemmers.
Dit volg nadat nóg strande oopgestel is ná maande se storting van onverwerkte riool wat tot gevaarlike hoë vlakke van E coli by sommige strande rondom Durban gelei het.
Kaunda kon glo nie die uitdaging aanvaar om self die water in te gaan nie weens ander verpligtinge wat hy glo moes nakom.
WATCH: Dr Musa Gumede the @eThekwiniM deputy city manager of parks rec and culture takes a dip at Umhlanga Main Beach to prove to the public that swimming is safe. Mayor Mxolisi Kaunda is also expected to swim. @News24 @TeamNews24 pic.twitter.com/rsfPcRYh6q
— Kaveel Singh (@kaveels) December 1, 2022