KYK: “Ek het nie gedink dit is moontlik om trotser op my seun te wees nie,” sê pa ná spoegkobra hulle pik


Luister nou

Volgende

KYK: “Ek het nie gedink dit is moontlik om trotser op my seun te wees nie,” sê pa ná spoegkobra hulle pik

1 Maart 2024

“Twee jariges is baie taai. Hulle verstaan presies wat aangaan.”

Dit is die mening van die boer Lennie Vermeulen van Tuliblok in Botswana (38) wat Maandag (26 Feb) in die vroeë oggendure deur ‘n Mosambiekse Spoegkobra op sy hand gepik is, nádat sy seuntjie van 22 maande oud, Lex reeds op sy regterbeen gepik is.

Lex en Lennie in die hospitaal.

Lennie sê alles van daardie oggend was net genade.

Pretoria FM het hom besoek waar hy in die restaurant van die Mediclinic Kloof-hospitaal in Pretoria nog met ‘n drip en verband op sy hand sit. Hy maak dit duidelik dat hy dankbaar is vir die Here, familie en vriende wat hom en sy vrou Jolandi en Lex se tweelingboetie, Leo in die tyd gedra het.

Lennie vertel dat Leo daardie aand onrustig was waarna Jolandi hom gaan haal het om by haar in die bed te slaap. “Ek het by Lex in die bed gaan klim, maar hy het wakker geword toe ek in klim. Kort nadat hy aan die slaap geraak het, het hy skielik begin huil, maar nie soos enige ander huil nie.”

Lennie het probeer om Lex rustig te maak deur hom op sy borsie te vryf, waarna hy op sy linkerhand gepik is. “Ek het die slang deur die lug geslinger en ‘n kussing op hom gedruk.” Die egpaar het dadelik hulle huisdokter op Ellisras wakker gebel, wat intussen die teengif gereed gekry het.

Lex (links) en sy tweelingboetie Leo.

Die Vermeulens bly sowat 80 kilometer van Ellisras, maar moes eers deur die grens kom. Danksy ‘n vriend kon die egpaar egter maklik deur die grens kom. Lennie en Lex is uiteindelik in die Mediclinic Kloof-hospitaal opgeneem.

Volgens Lennie gaan dit goed met Leo, wat in Botswana by sy ouma en oupa agtergebly het. Hy sê hy het nie gedink hy kan enigsins trotser op Lex wees nie, maar besef opnuut dat twee jariges sterker is as wat hy besef het. “Hy het baie meer van die slang se gif gekry as ek, maar hy was deurlopend so sterk gewees.”

Lex se wond is volgens dokters glad nie diep nie, en is die peuter se beweeglikheid nie aangetas nie.

‘n Emosionele Lennie vertel dat sy vrou waarskynlik uit almal uit die swaarste trek. “Sy leef vir haar drie manne, en dan bedryf sy nog ‘n besigheid ook. Jollie sien nou die minder aangename dele van Lex se seer. Sy moet vir my en Lex sorg, terwyl sy haar ook bekommer oor Leo. Sy slaap nie.”

“As ek vandag met die toekomstige Lex kon praat sou ek vir hom sê dat ek nie gedink het dat dit moontlik is om trotser op hom te wees nie. Hy moet ook onthou dat hy nooit alleen is nie omdat Jesus altyd by hom is.”

Lennie sal moontlik binnekort ontslaan word, maar Lex sal nog so paar dae in die hospitaal moet wees vir onder andere ‘n veloorplanting.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

KYK: “Ek het nie gedink dit is moontlik om trotser op my seun te wees nie,” sê pa ná spoegkobra hulle pik


Luister nou

Volgende