6 Oktober 2022
Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi is vroeër vanmiddag amptelik verkies as die nuwe premier van die provinsie, en is ook reeds ingehuldig.
Hy het in ‘n spesiale raadsitting 38 stemme op hom verenig. Dit kom nadat David Makhura vroeër aangekondig het dat hy na 8 jaar uit die pos bedank.
Die ANC in die provinsie het Makhura geloof vir die werk wat hy as premier gedoen het.
Lesufi sê hy is hartseer oor sy pad met die onderwysdepartement in Gauteng wat vandag tot ‘n einde gekom het. Hy het ook Makhura bedank vir sy tyd as die provinsie se premier en meen hy het groot skoene om vol te staan.
Hy het tydens sy aanvaardingstoespraak gesê dat Makhura ‘n reuse rol gespeel het in die verandering van leierskapstyl in Gauteng. Lesufi sê die hoë voorkoms van misdaad in Gauteng is hoog op sy prioriteitslys.
[WATCH]: Swearing in of newly elected Premier Panyaza @Lesufi by Deputy Judge President of the North Gauteng High Court, Mr A P Ledwaba. pic.twitter.com/V8fT9B5cIp
— Gauteng Provincial Gov (@GautengProvince) October 6, 2022