13 Julie 2022
Een persoon is dood ná nog ‘n skietvoorval by ‘n taverne – die keer in Mamelodi in Pretoria.
Volgens die polisiewoordvoerder, kolonel Dimakatso Sello is ‘n 33-jarige man doodgeskiet in die vroeë oggendure van Maandagoggend by die Monaco Taverne.
Hy sê drie gewapende verdagtes met maskers het die taverne binnegestorm en begin losbrand op mense wat in die taverne gekuier het. In ‘n video, wat op sosiale media versprei word kan geweerskote twee afsonderlike kere gehoor word.
‘n Saak van moord word ondersoek.
Dit is die soveelste skietvoorval by ‘n taverne die afgelope twee weke. Die afgelope naweek is 16 jong mense dood in ‘n skietvoorval by ‘n taverne in Soweto.
https://twitter.com/IanCameron23/status/1546887126498742272