28 Julie 2023
DNS-toetse het bevestig dat oorskot op die Matterhorn-bergpiek in Switserland dié is van ‘n Duitse bergklimmer wat in 1986 vermis geraak het.
Volgens die nuusdiens, Fox News is die man se oorskot 37 jaar later gevind weens smeltende gleters, wat die afgelope paar jaar tot die herverskyning van liggame en ander voorwerpe gelei het. Die plaaslike polisie sê die Duitse bergklimmer het op September 1986 vermis geraak, en reddingswerkers kon nie toe daarin slaag om hom te vind nie.
Bergklimmers het op 12 Julie vanjaar die man se liggaam in die Theodul gletser naby die Italiaanse grens gevind. Die uitslae van genetiese toetse het nou sy identiteit bevestig.
Foto: Photo by Sean Gallup/Getty Images
The remains of a German mountain climber who disappeared while hiking along a glacier near Switzerland's iconic Matterhorn mountain in 1986 were recovered, as melting glaciers lead to the reemergence of bodies and objects thought to be long-lost https://t.co/o6Tjn8yV1o pic.twitter.com/PqGo1qnsF9
— Reuters (@Reuters) July 27, 2023
