21 Junie 2023
Inwoners van Diepsloot sê hulle sal hul diensleweringsbetoging voortsit tot president Cyril Ramaphosa die woonbuurt besoek en na hulle griewe luister.
Die gemeenskap het gister begin om verskeie paaie met klippe en brandende bande te versper.
Hulle is ongelukkig oor die tekort aan polisiebeamptes, en die toename van misdaad in die gebied.
Die Diepsloot Gemeenskapsforum se Loyisa Toyiya sê Ramaphosa het tyd om Rusland en Oekraïne te besoek in ‘n poging om vrede te bewerkstellig, en hy verwag dat die president dit ook in Diepsloot moet doen.
Eskom het intussen aangekondig dat hy sy tgenici aan Diepsloot onttrek het, na hulle deur ontstoke inwoners gedreig is.
https://twitter.com/TheTruthPanther/status/1671382291786915841
https://twitter.com/TheTruthPanther/status/1671409515785273345
