9 September 2024
Die Gautengse departement van gesondheid ondersoek bewerings van onmenslike behandeling by die Helen Joseph-Hospitaal in Johannesburg.
Die bekende media-persoonlikheid, Tom London, is die afgelope naweek by dié hospitaal opgeneem met longontsteking en het ‘n video op sosiale media gedeel oor die beweerde onmenslike behandeling en die toestande by die hospitaal.
Sy video het ook ander persone op sosiale media platforms genoop om hulle ervarings by die hospitaal te deel.
Die LUR vir gesondheid in Gauteng, Nomantu Nkomo-Ralehoko stem nie heeltemal saam met wat hy beweer nie en sê London het die beste behandeling gekry en is gesond huistoe gestuur.
https://twitter.com/Abramjee/status/1832537016719818789