13 Julie 2021
Sneeu word vir nóg drie provinsies voorspel nadat ‘n kouefront – wat gister oor die Wes-Kaap inbeweeg het – swaar reën en sneeuneerslae oor dié provinsie laat uitsak het.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat die stelsel ook sneeu op hoogliggende gebiede in die Suid-Vrystaat, die Noord- en die Oos-Kaap tot gevolg kan hê.
Temperature in Noordwes, Gauteng en Mpumalanga gaan ook daal namate die front oor die binneland beweeg.
Wydverspreide ryp sal oor die gebied voorkom en kleinveeboere is gewaarsku om die nodige voorsorg te tref.
Die toestande behoort tot Vrydag te duur wanneer die kwik weer stelselmatig sal begin styg.
https://twitter.com/HedgehogHelveti/status/1414832181864718337
https://twitter.com/WWarriorGrape/status/1414869402907029513
Hou Afrikaans op die lug