1 Mei 2022
Die leier van die DA, John Steenhuisen het vroeër vanmiddag in ‘n plasing op sy Twitter-rekening bevestig dat hy in Lwif in Oekraïne aangekom het waar hy vir ses dae sal toer.
Steenhuisen sê Suid-Afrika kan nie meer net terug sit en maak asof die situasie in Oekraïne niks met ons te doen het nie. Hy sê die doel van die besoek is om eerstehandse ervaring te kry van die situasie in die land sedert dit op 24 Februarie deur Russiese troepe binnegeval is.
Hy sê hy sal binne die volgende week goewerneurs, burgemeesters, studente, gewone landsburgers en vlugtelingekampe besoek.
Volgens Steenhuisen is so ‘n besoek die enigste manier om fopnuus te skei van wat werklik in Oekraïne aan die gang is. Hy het verder benadruk dat die situasie tussen die twee lande nie beperk is tot Europa nie omdat die nagevolge ‘n wêreldwye uitwerking het.
Today, DA Leader, @jsteenhuisen arrived in the city of Lviv in Western Ukraine from where he will embark on a six-day tour of various parts of Ukraine to see, first-hand, the effects of the Russian invasion and the ongoing occupation of parts of Ukraine.#JohnVisitsUkraine pic.twitter.com/MIAN366Yos
— Democratic Alliance (@Our_DA) May 1, 2022
We dare not pretend that this is a war that has nothing to do with us. And we dare not pretend that remaining “neutral” in this situation is admirable. When we have clear and undeniable evidence of injustice, we owe it to the victims to pick a side and speak out.
— John Steenhuisen MP (@jsteenhuisen) May 1, 2022