13 Julie 2022
Die minister van polisie, Bheki Cele het weer ‘n storm op sosiale media veroorsaak nadat hy vroeër vandeesweek ‘n uitlating gemaak het oor mense met tatoeëermerke.
Hy het Maandag inwoners van Soweto toegespreek na ‘n skietvoorval by ‘n taverne toe hy belowe dat meer polisiebeamptes aangestel sal word. Volgens Cele sal die polisie nie sommer kandidate aanstel indien hulle tatoeëermerke het nie, omdat diegene “geneig is om bendelede (gangsters) te wees.”
Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie, SAPU het in reaksie op Cele se uitlatings gesê dat hy die aandag wil wegneem van groter kwessies.
SAPU se woordvoerder, Lesiba Thobakgale sê hierdie tipe uitlatings is nog ‘n bewyse van die polisie se tekort aan leierskap.
Cele het intussen gesê dat daar ‘n streng beleid is oor polisiebeamptes en tatoeëermerke en dat hy daarom nie “mense se ongelukkigheid oor sy opmerking verstaan nie.”
Always Showing Stupidity When He OpensHis Mouth
— Dalton Paris (@LeboMashia) July 11, 2022
Nomzamo pic.twitter.com/D5AR11gPcL
I distance myself from the comments made by Bheki Cele about people with tattoos. It is ridiculous. What did he smoke to make such remarks? I have more respect for people with tattoos than for this malkop Minister of Crime.
— Ivan Meyer (@ivan2meyer) July 12, 2022