21 November 2022
Minstens twee busse en ‘n skool is vanoggend in die Wes-Kaap aan die brand gesteek.
‘n MyCitiBus, ‘n Golden Arrow bus en die Eluxolweni Primary School is vanoggend aan die brand gesteek.
Die taxi-vereniging Santaco het vroeër aangekondig dat geen taxi-dienste vandag en môre in die provinsie sal plaasvind nie. Dít omdat die vereniging onder meer ongelukkig is oor die uitreik van boetes, die skut van minibus taxi’s en die provinsie se besluit om ‘n taxi-veiligheidsveldtog te staak.
Daar is ook bewerings van skietvoorvalle in Khayelitsha en Nyanga.
Another incident https://t.co/bNiD7jUpEL pic.twitter.com/zRvyzJ4QEV
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) November 21, 2022