21 Januarie 2022
‘n Brand het ‘n kort ruk gelede by die China Emporium-winkelsentrum in Durbanse middestad uitgebreek en volgens nooddienste word ses mense nog gesoek.
Die woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, Robert McKenzie sê elf mense moes mediese behandeling ontvang, waarvan twee in die hospitaal opgeneem is.
Volgens berigte is die oorsaak van die brand nog onbekend. McKenzie sê talle brandbestryders beweeg steeds deur die gebou opsoek na mense wat moontlik vasgekeer is.
https://twitter.com/IcikoMedia/status/1484471678189060102
https://twitter.com/Abramjee/status/1484457003611303936