26 April 2022
Sitrusboere in Kirkwood, in die Oos-Kaap het groot skade gelei nadat betogers brande gestig het en infrastruktuur vernietig het.
Mense betoog reeds sedert verlede Woensdag in Kirkwood en omliggende gebiede oor lone en buitelandse werkers.

Die South African National Civics Organisation (Sanco) het ‘n petisie oor eise en griewe van gemeenskapslede en werkers van die Sondagsriviervlei verlede week ingedien. Hulle eis onder meer ‘n minimum loon van R30 per uur en dat 70% van werkers Suid-Afrikaners moet wees.
Die uitvoerende hoof van die Wêreld Boere-organisasie en voorsitter van SAAI se direksie, dr Theo de Jager, sê hierdie minimum loon vereiste is onbekostigbaar vir boere ná die laaste minimum loon verhoging in Maart.
De Jager sê daar is tans ‘n tekort aan polisielede in die omgewing en dat dié wat daar is, sukkel om die situasie onder beheer te kry. Hulle het intussen meer ondersteuning van die polisie, privaat sekuriteitsmaatskappye en boere in die omliggende area versoek.
“’n Enkele boer het meer as R50-miljoen se skade aangemeld – van toerusting, doekhuise, store, en plastiekkratte waarin die oeste gepluk word,” sê de Jager.
Alle produksie op plase is tans tydelik gestaak.
Farmers in Kirkwood, Eastern Cape says the unrest is out of control and the police are not in capacity to assist them. They try to fend off arson and attacks on their own and shots are fired
— Theo de Jager (@TheoDJager) April 26, 2022
For some days, situation in Kirkwood, Eastern Cape has been tense with reports of buring of farm vehicles and other infrastructures. More updates to follow pic.twitter.com/7bLBwa25as
— BEAST OF NEWS (@EversonLuhanga) April 26, 2022