24 Februarie 2022
AfriForum het vanoggend ‘n dokumentêr bekendgestel wat glo korrupsie by die Waltloo-lisensiekantoor sowel as beweerde wanfunksionering van die NaTis-stelsel ontbloot.
Die veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, Reiner Duvenage sê uit die beeldmateriaal word dit duidelik dat derde partye in samewerking met korrupte personeel die funksionering van die lisensiestelsel kaap.
Dit volg nadat die organisasie in September 2021 ’n formele klag by die kantoor van die Openbare Beskermer (OB) ingedien het, waarin versoek is dat ondersoek na wanadministrasie en korrupsie by die departement van vervoer ingestel word.
Die OB het bevestig dat die klagtes ondersoek word en die beeldmateriaal is as verdere bewys van die beweerde wederregtelike praktyke ingedien.
“Die beeldmateriaal lê die probleem van korrupsie en wanadministrasie by die departement van vervoer en lisensiekantore bloot. In hierdie konteks word dit toenemend moeiliker vir wetsgehoorsame lede van die publiek om die Departement se reëls na te kom,” sê Duvenage.
Kyk die dokumentêr hier.