26 September 2023
Die departement van vervoer in KwaZulu-Natal sê sommige nommerplate in die provinsie is verouderd en moet dus hernu word.
Die LUR vir vervoer in die provinsie, Sipho Hlomuka het onlangs met die Padverkeerbestuurskorporasie, asook die Suid-Afrikaans Buro vir Standaarde (SABS) vergader om hulp te vra om die proses te versnel deur middel van die Natis-stelsel.
Volgens Hlomuka is van die plate, soos NPS, NPN en NRB veroderd, en meen as LUR het hy die reg om dit te verander indien hy voel dat dit nodig is.
Hy sê KwaZulu-Natal is slegs een van twee provinsies sonder ‘n nommeringstelsel en indien dit verander sal dit makliker wees om met nasionale standaarde vol te hou.
Hy sê om nuwe nommerplate te skep sal ook werk verskaf.
Dit is nié die eerste keer wat die KwaZulu-Natal nommerplaat-kwessie bespreek word nie. ‘n Moontlike verandering word reeds vir die afgelope 10 jaar bespreek, want volgens Hlomuka beskou sommige mense die huidige nommerplate as koloniaal.