6 April 2021
Sewe mense, onder wie twee kleuters is vroeër vandag dood in ‘n gru-ongeluk op die R34 tussen Ulundi en Vryheid in KwaZulu-Natal.
Die woordvoerder van die nooddienste in KwaZulu-Natal, Robert McKenzie sê sewe mense is op slag dood terwyl ses ander mense kritiek beseer is. Twee kleuters, drie- en vyf jaar oud is ook in die ongeluk dood.
McKenzie sê die oorsaak van dié ongeluk word nog ondersoek.
Intussen het die LUR vir vervoer in dié provinsie, Peggy Nkonyeni gesê dat 47 mense in KwaZulu-Natal die afgelope Paasnaweek in padongelukke dood is.
Sy sê die oortreding van die spoedgrens en bestuur onder die invloed van drank, is van die grootse oorsake vir die ongelukke.
Die amptelike sterftesyfer weens padongelukke gedurende Paasnaweek moet nog bekend gemaak word.