KwaZulu-Natal loop voor met tienerswangerskappe


Luister nou

Volgende

KwaZulu-Natal loop voor met tienerswangerskappe

6 Augustus 2024

Die departement van gesondheid sê byna 120 000 dogters tussen die ouderdom van 15- en 19 jaar het in die 2023/24-boekjaar geboorte geskenk by openbare gesondheidsorginstellings.

Volgens die departement se woordvoerder, Foster Mohale het nagenoeg 2 700 dogters tussen 10 en 14-jaar oud in dié tyd geboorte geskenk.

Mohale sê die syfers sluit nie geboortes by privaat-gesondheidsorginstellings in nie en dat die syfers waarskynlik hoër sal wees wanneer dit bygereken word. In die ouderdomskategorie van 10 tot 14 jaar het 610 meisies in KwaZulu-Natal geboorte geskenk.

430 van dié geboortes was in Gauteng, 395 in die Oos-Kaap, 375 in Limpopo, 293 in Mpumalanga, 286 in die Wes-Kaap, 151 in Noordwes, 106 in die Vrystaat en 70 in die Noord-Kaap.

1 226 swangerskappe van dogters in die jonger ouderdomsgroep en 19 246 in die ouer ouderdomsgroep is voortydig beëindig.

Die meeste swangerskappe in die ouer ouderdomsgroep (15-19) is ook in KwaZulu-Natal aangemeld met 30 478 swangerskappe. In Gauteng het 19 406 tieners geboorte geskenk, gevolg deur 16 262 in Limpopo.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

KwaZulu-Natal loop voor met tienerswangerskappe


Luister nou

Volgende