KVBA beslis: Wit polisiebeampte moet bevorder word, bevind SAPD was onbillik


Luister nou

Volgende

KVBA beslis: Wit polisiebeampte moet bevorder word, bevind SAPD was onbillik

9 Julie 2024

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het in die guns van ‘n 51-jarige luitenant-kolonel beslis nadat hy weens sy velkleur nié bevorder is nie.

Lt. Kol. Jacques van den Berg van die Kliptown-polisiekantoor in Soweto het in 2022 aansoek gedoen vir die pos van hoof van die ondersteuningsdienste by die Roodepoort-polisiekantoor, wat ook ‘n bevordering in rang tot kolonel sou beteken.

Die KVBA het bevind dat Van der Berg tydens die onderhoudproses die hoogste keuringspunte behaal het en is deur die paneel as die beste kandidaat aangewys om in die pos aangestel te word.

Volgens Solidariteit, wat Van der Berg bygestaan het, is ʼn swart kandidaat met laer keuringspunte bó Van der Berg tot die pos bevorder. Die KVBA het nou beveel dat Van der Berg wél bevorder moet word en ook terugwerkend tot en met sy 2022-aansoek vergoed moet word.

Solidariteit se organiseerder vir die Openbare Sektor, Theunis van Staden sê die polisie het selfs gedurende die verrigtinge aangedui dat “Van der Berg nooit die bevordering sou kry nie, aangesien sy velkleur wit is.”

Solidariteit waarsku werkgewers, en veral ook die SAPD, dat ras nie as maatstaf en absolute versperring deur werkgewers aangewend kan word met die vul van poste en met aanstellings nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

KVBA beslis: Wit polisiebeampte moet bevorder word, bevind SAPD was onbillik


Luister nou

Volgende