26 Januarie 2022
Die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie (KVBA) het bevind dat ‘n maatskappy binne die raamwerk van die wet opgetree het, toe hy ‘n werknemer afgedank het wat geweier het om ingeënt te word.
Die KVBA het in sy uitspraak oor die saak tussen Theresa Mulderij en die Goldrush Groep gesê dat Mulderij geweier het om ‘n veilige werksomgewing te skep.
Die maatskappy sê hy het drie maande lank met werkers en hul vakbonde gekonsulteer oor hul verpligte inentingsmandaat.
Mulderij het aangevoer dit is haar grondwetlike reg om die inenting te weier. Luidens News24 is sy sedert 2018 by die maatskappy, waar sy gewerk het as ‘n besigheidsverwante en opleidingsbeampte.