Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Kuruman-natuurreservaat maak dalk binnekort plek vir lae- en mediumkostebehuising

1 Oktober 2021

Sowat 2 kilometer op die Kathu-pad net buite Kuruman in die Noord-Kaap vind jy die Billy Duvenhage-natuurreservaat wat destyds as toeristetrekpleister bekend was vir sy wild- en voëlspesies.

Gister het die ANC op ’n raadsvergadering ’n plan voorgelê om dié juweel plat te stoot en in sy plek 4 500 lae- en mediumkostebehuisingseenhede daar op te rig.

Die DA-LP en die party se Noord-Kaapse kiesafdelingshoof vir die Kalahari, Willie Aucamp sê hierdie natuurreservaat was altyd ‘n uitstekende voorbeeld van hoe Kalahari natuurskoon kan lyk. Volgens hom was daar nog tot so onlangs as 10 jaar gelede renosters in dié reservaat te sien.

Volgens Aucamp word dié natuurreservaat reeds ‘n geruime tyd nié deur die ANC-regering onderhou nie. Hy meen egter dat dit nié beteken dat die reservaat nou vir behuising gebruik moet word nie. “Die water, kampe en omheining is reeds daar, dit sal nie moeilik wees om die reservaat reg te ruk nie.”

Volgens hom is daar talle Kalahari Kameeldoringbome en ander bedreigde spesie-plante in die natuurreservaat, wat beteken dit sal die regte ding wees om te doen om dié natuurreservaat weer op te knap.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende