26 April 2021
Die 24 Kubaanse ingenieurs wat deur die departement van water en sanitasie na Suid-Afrika gebring is om te help met die watervoorsieningsprobleme, sal moontlik nié in die land kan werk nie.
Volgens die Ingenieurs Raad van Suid-Afrika behoort Kuba nie aan die Internasionale Ingenieurs Vereniging nie, en sal hulle kwalifikasies eers nagegaan moet word voordat hulle kan registreer.
Ingenieurs wat nie geregistreer is nie, se werk word streng beperk en hulle sal deur plaaslike geregistreerde ingenieurs gemonitor moet word.
Die minister van water en sanitasie, Lindiwe Sisulu het vroeër haar besluit verdedig om die Kubaanse ingenieurs na die land te bring.
Volgens haar sal geen plaaslike ingenieur, in die privaat sektor vir drie jaar in ‘n landelike gebied wil woon en werk nie.