7 September 2021
Die eilandstaat, Kuba het die eerste land ter wêreld geword om kleuters teen Covid-19 in te ent.
Kuba gebruik hoofsaaklik Abdala en Sobrena entstof in sy inentingsprogram.
Hoewel lande soos Sjina, Venezuela en die Verenigde Arabiese Emirate aangedui het dat hulle die moontlikheid ondersoek om kinders in te ent, is Kuba die eerste land wat kinders – twee-jaar en ouer – teen die virus inent.
Hoewel Havana reeds die entstof op kleuters getoets het, is die studie se uitslae nog nie deur die navorsers se portuur beoordeel nie.
Die kommunistiese land het in Maart verlede jaar sy skole gesluit en begin nou eers weer die skole geleidelik heropen.
Aangesien die meeste van dié land se inwoners nie toegang tot die internet het nie, word skoolprogramme op nasionale televisie-kanale uitgesaai.
Stem vir die Aitsa’s