14 September 2023
Suid-Afrika se Krugerwildtuin is volgens nuwe data deur ‘n reisversekeringsmaatskappy, AllClear aangewys as een van die toeristebestemmings waaraan toeriste eerste dink as hulle daaraan dink om Suid-Afrika te besoek.
Hierdie lys verskil van die sewe amptelike Wonders van die Wêreld wat deur ‘n verkiesingsproses gekies word. AllClear se lys is egter geskoei op soektogte deur internetverbruikers op die aanlyn-ensiklopedie, Wikipedia.
Dit word bepaal deur die toeristebestemmings wat mense die graagste wil besoek as deel van hulle emmerskoplysie.
43 000 toeristebestemmings het deel gevorm van die data-versameling. In Suid-Afrika wil die meeste internasionale toeriste die Krugerwildtuin besoek. In die res van Afrika is dit die Nyl-rivier in Egipte, Mount Kilimanjaro in Tanzanië en die Carthage in Tunisië waaraan mense eerste dink as hulle aan daardie lande of die kontinent dink.
In die res van die wêreld is Indië se Taj Mahal, die Burj Khalifa in Dubai, Mount Everest in Neparl die Liberty-standbeeld in Amerika, China se grootmuur, Frankryk se Eiffel Toring en Machu Picchu in Peru wat die meeste kere op Wikipedia gesoek is.
