20 April 2022
Eskom het weer vanoggend ‘n mediakonferensie gehou nadat fase 4-beurtkrag gisteroggend ingestel is.
Die kragvoorsiener se uitvoerende hoof, André de Ruyter sê deur die nag kon 900 Megawatt se kragtoevoer opgebou word, maar meen dit is nog nié genoeg om beurtkrag vroeër op te skort nie.
Tans geld fase 4-beurtkrag tot Vrydagoggend. Volgens De Ruyter kán die vlak van beurtkrag teen môre moontlik na fase 3 verlaag word, indien daar nie nog eenhede uitknikker nie.
LEES OOK: “TRIETSIGE WEER WÉÉR DIE REDE VIR BEURTKRAG,” SÊ ESKOM
Hy sê die situasie ten opsigte van noodreserwes lyk ook beter en meen dit kon opgebou word sedert fase 4-beurtkrag ingestel is.
Hy het om verskoning gevra vir die ongerief, maar meen beurtkrag is nodig om ‘n totale ineenstorting van die kragnetwerk te voorkom.