Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Koronavirusbevelsraad vergader Dinsdag

25 Junie 2021

Die waarnemende minister van gesondheid Mmamaloko Kubayi-Ngubane het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou oor die regering se vordering teen die Covid-19-pandemie asook die inentingsprogram. 

Volgens haar sal die gesondheidsdepartement weer Dinsdag met die koronavirusbevelsraad vergader waarna hul sal besluit oor enige moontlike verdere inperkingsmaatreëls. 

Sy sê hulle het lesse geleer uit die ander vlae en sal dus met die bevelsraad vergader.

Volgens Kubayi-Ngubane is die meeste nuwe Covid-19-gevalle weer gister in Gauteng aangemeld. Sy sê die departement is onseker of die infeksies so hoog in die provinsie is weens ‘n moontlike nuwe variant of omdat mense hulle bloot net nie steur aan die maatreëls nie. 

Intussen het sy ook bevestig dat die registrasieproses vir mense ouer as 50 jaar op 1 Julie sal begin. Dié groep sal na verwagting vanaf 15 Julie teen Covid-19 ingeënt word. 

Tot dusver is meer as 2,5-miljoen mense in Suid-Afrika teen die virus ingeënt.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende