“Kontrakteur van stormwaterstelsel-projek in Emfuleni moet werk staak,” vra VF Plus


Luister nou

Volgende

“Kontrakteur van stormwaterstelsel-projek in Emfuleni moet werk staak,” vra VF Plus

19 Februarie 2024

Die VF Plus het ná ʼn oorsigbesoek van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit se finansiële komitee aan ʼn stormwaterstelsel-projek, versoek dat dit tydelik gestaak word weens swak vakmanskap.

Die VF Plus-raadslid in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, Gerda Senekal sê rolspelers het die bouperseel besoek omdat die betrokke kontrakteur al in Mei verlede jaar die projek moes afhandel.

“Die kontrakteur het twee jaar gelede teen ʼn bedrag van R8-miljoen begin om ʼn nuwe stormwaterstelsel te bou langs Westinghouselaan in Vanderbijlpark,” verduidelik Senekal.

Sy sê die stormwaterkanaal moet ook met betondeksels bedek word wat opgelig kan word om dit skoon te maak. Die kontrakteur, wat reeds R4 miljoen vir die werk ontvang het moet ook eersdaags met die herseëling van die pad begin.

Senekal sê tydens die oorsigbesoek is gevind dat van die nuwe betondeksels gekraak is en die handvatsels van dun metaal gemaak is. Volgens haar behoort die kontrakteur voor die munisipale raad te verskyn om te verduidelik waarom die werk van só ‘n swak gehalte is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

“Kontrakteur van stormwaterstelsel-projek in Emfuleni moet werk staak,” vra VF Plus


Luister nou

Volgende