11 Februarie 2022
Diensverskaffers, wat skoonmaakdienste aan die departement van onderwys in Gauteng gelewer het, sal winste moet terugbetaal nadat die Spesiale Tribunaal bevind het dat die kontrakte onreëlmatig toegeken is.
Dié kontrakte, ter waarde van R431-miljoen, is uitgereik om skole te ontsmet en skoon te maak in die stryd teen die Covid-19-pandemie.
Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) wat die Spesiale Tribunaal met bewyse genader het, het dié beslissing verwelkom. Volgens die beslissing is die tenders onreëlmatig toegeken.
Die SOE se woordvoerder, Kaizer Kganyago sê die ondersoek het bevind dat die diensverskaffers nie per vierkante meter betaal is nie, maar dat ‘n senior amptenaar self besluit het om tussen R250 000- en R270 000 vir die skoonmaak van laerskole te betaal en R250 000 tot R290 000 vir hoërskole.
Hy sê hulle hoop nou dat die winste binne 15 dae terugbetaal word van die datum af wat die diensteverskaffers en die SOE ‘n ooreenkoms kon bereik het.