19 Mei 2021
Die departement van basiese onderwys het aangekondig dat alle kontaksport by alle skole onmiddellik gestaak word.
Dié besluit is deur die raad van onderwysministers geneem en geld vir beide hoër- en laerskole.
Daar mag voortgegaan word met die oefening van nie-kontaksport mits daar aan gesondheidsprotokolle voldoen word. Daar mag ook geen fisieke kontak wees tussen spelers nie.
Volgens die departement is dit duidelik dat kontaksportbyeenkomste bydra tot die verspreiding van Covid-19 en dit sal hervat sodra daar geen meer aanmeldings is wat verband hou met dié tipe byeenkomste nie.
[MEDIA STATEMENT] Contact sports suspended with immediate effect in school@ElijahMhlanga @ReginahMhaule @HubertMweli pic.twitter.com/zI6jeIIrMY
— Dep. Basic Education (@DBE_SA) May 19, 2021