Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Koningin Elizabeth se begrafnis het belastingbetalers duur gekos

19 Mei 2023

Die staatsbegrafnis van koninging Elizabeth die tweede, asook ander geleenthede in die week ná haar dood het Britse belastingbetalers byna R162-miljoen pond, of sowat R3,9-miljard gekos. 

Die Britse regering het dit vir die eerste keer onthul sedert die koninging in September verlede jaar dood is.

CNN berig dat die koste onder meer ‘n groot veiligheidsoperasie vir honderde buitelandse staatshoofde en koninklikes ingesluit het, wat die begrafnis op 19 September bygewoon het.

Streng veiligheidsmaatreëls moes ook toegepas word terwyl lede van die publiek die geleentheid gehad het om die koninging se kis te bekyk terwyl dit in staatsie gelê het. 

Die minister van finansies het in ‘n verklaring gesê dat dit vir die regering belangrik was dat die begrafnis vlot verloop, gegewe die hoeveelheid mense wat dit bygewoon het.

Die bekendmaking van die begrafniskostes kom kort na die kroning van Koning Charles die derde. Britse burgers het aangevoer dat die koste waarskynlik baie hoog was, en meen dit is onaanvaarbaar gegewe die feit dat baie Britse landsburgers sukkel om kop bo water te hou.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende