21 April 2022
Koningin Elizabeth van die Verenigde Koninkryk is vandag op haar 96ste verjaarsdag vereer met haar eie Barbie-pop.

Dié pop wat geklee is in ‘n ivoorkleurige rok, blou ampserp en kroon wat geskoei is op die kroon wat die koningin op haar troudag gedra het, is reeds op die aanlynwinkel, Amazon uitverkoop.
Volgens die Barbie-handelsmerk se vervaardiger, Mattel het hulle die pop in dié uitrusting geklee omdat dit volgens hulle een van haar mees ikoniese mode-oomblikke is.
Hierdie jaar is ook die koningin se 70ste jaar op die troon.
Sou jy dit oorweeg om dié koninklike-pop aan te koop, kan jy verwag om $75 of sowat R1144,33 daarvoor te betaal.
https://twitter.com/Reuters/status/1517133554127413248