2 Februarie 2023
Australië sal die Britse monarg van sy banknote verwyder, en die beeld van wyle koningin Elizabeth die Tweede op sy vyf Australiese dollar-noot vervang met ‘n ontwerp wat die inheemse kultuur vereer.
Die sentrale bank het vroeër vandag gesê die besluit om nie die beeld van haar opvolger, koning Charles die Derde te gebruik nie, beteken dat geen monarg op Australië se papiergeldeenheid uitgebeeld sal word nie.
Die Reserwebank van Australië sê hy sal inheemse mense raadpleeg oor ‘n nuwe ontwerp wat die kultuur en geskiedenis van die sogenaamde “Eerste Australiërs” sal eer.
Koningin Elizabeth se dood verlede jaar is gekenmerk deur openbare rou in Australië, maar sommige inheemse groepe het ook geprotesteer oor die invloed van koloniale Brittanje en gevra vir die afskaffing van die monargie.