Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Koning Charles III, Truss bring hulde aan koningin Elizabeth

8 September 2022

Huldeblyke stroom reeds in nadat Koningin Elizabeth die tweede vanmiddag in die ouderdom van 96 in Balmoral Kasteel in Skotland oorlede is.

Die nuutverkose eerste minister van Engeland, Liz Truss het ‘n kort ruk gelede buite 10 Downing-straat bevestig dat die koningin se oudste seun, Charles nou voortaan die koning is, en staan reeds bekend as Koning Charles die derde.

Sy was die koninklike wat die langste op die troon was, nadat haar platinum jubileum (70 jaar op die troon) in Junie vanjaar gevier is. Die koningin moes in Februarie 1952 op 26-jarige ouderdom die troon betree na haar pa, koning George se skielike dood.

Koning Charles het in ‘n verklaring gesê dat sy ma se dood nie net ‘n reuse verlies vir die familie is nie, maar ook vir die hele Verenigde Koninkryk, die Statebond lande en die res van die wêreld.

“We mourn profoundly the passing of a cherished Sovereign and a much-loved Mother. I know her loss will be deeply felt throughout the country, the Realms and the Commonwealth, and by countless people around the world.”

Truss het in haar toespraak gesê dat sy ‘n groot nalatenskap laat en meen die kroon sal nou oorgegee word soos wat dit reeds vir dekades gedoen is.

Skotland se eerste minister, Nicola Sturgeon sê sy was haar lewe lank toegewyd en het namens die land hulde gebring.

Sy laat haar vier kinders, Charles, Anne, Andrew, Edward, agt kleinkinders en 12 agter-kleinkinders agter.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Concept,Of,Limiting,Freedom.,Interior,Of,Prison,Cell.,3d,Illustration

24 van Gauteng se 145 polisiekantore het nié aanhoudingselle nie

Untitled design (1)

“Oorvol tronke: Moet lyfstraf teruggebring word?”

Drank

Onwettige alkoholmark in SA al meer as R25-miljard werd

Untitled design

Die DA dien strafregtelike klagte in teen minister Nkabane

Kleinfontein

“Berigte dat die Tshwane-metro dit oorweeg om Kleinfontein te sloop, is onwaar”

Ander Nuus Artikels

barbara creecy2
Minister stel herstelplan vir vervoersektor bekend
WhatsApp Image 2025-07-02 at 13.18.41_0d211357
Afrikaner-Afvaardiging: “Agoa nog nie van die tafel”
Equipment Handover4
“555 stukke tuinboutoerusting sal dienslewering verbeter”
Concept,Of,Limiting,Freedom.,Interior,Of,Prison,Cell.,3d,Illustration
24 van Gauteng se 145 polisiekantore het nié aanhoudingselle nie
Untitled design (1)
“Oorvol tronke: Moet lyfstraf teruggebring word?”

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende