29 Augustus 2023
Die huidige waarnemende openbare beskermer (OB), advokaat Kholeka Gcaleka is die parlementêre ad hoc-komitee se verkose kandidaat om advokaat Busisiwe Mkhwebane in dié pos te vervang.
Die komitee het onderhoude met verskeie kandidate gevoer en sal hulle aanbeveling nou aan president Cyril Ramaphosa stuur. Lede van die DA en die EFF het nie die komitee se aanbeveling dat Gcaleka in die pos moet dien aanvaar nie, terwyl die ANC en die IVP dit ondersteun.
LEES OOK: KANDIDATE VIR OB-POS BEKEND GEMAAK
Die voorsitter van die komitee, Cyril Xaba sê hulle voorkeur kandidaat gaan nou na die Nasionale Vergadering gestuur word as aanbeveling. 60% van die parlementslede moet saamstem met die komitee dat Gcaleka ‘n geskikte OB is, voordat Ramaphosa dit sal bekragtig.
Mkhwebane, wat tans geskors is, se termyn kom in Oktober tot ‘n einde.
Foto: University of Venda
