Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Koffie of tee? Dít is wat jou oggenddrankie oor jóú verklap

19 April 2023

‘n Studie deur die internasionale marknavorsingsagentskap, OnePoll dui daarop dat persone wat ‘n koppie koffie in die oggende geniet, waarskynlik introverte is, terwyl teedrinkers ekstroverte en sosiale vlinders is.

Nagenoeg 2 000 Amerikaners is uitgevra oor hulle voorkeur-oggenddrankies.

Volgens die uitslae van die studie is koffiedrinkers meer kreatief as teedrinkers en verkies hulle die TV-reekse, Seinfeld, The Office en Grey’s Anatomy.

Teeliefhebbers verkies in die meeste gevalle Friends, The Big Bang Theory en The Walking Dead. Wat musieksmaak betref sal teedrinkers – volgens die studie – klassieke musiek, country, pop, hip-hop en kletsrym verkies.

Koffiedrinkers sal waarskynlik eerder luister na blues, punk, rock en jazz. 41% van koffiedrinkers het aangedui dat hulle nie hulle dag sonder ‘n koppie boeretroos kan begin nie, terwyl 37% van teedrinkers nié te veel kafeïen verkies nie.

Hoewel albei groepe van troeteldiere hou, verkies koffiedrinkers honde en teedrinkers eerder katte.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpShrnfWQAA5m9y

ANC en kie sê samesprekings het gelei tot BTW-besluit, nié die hof nie

ENOCH2

Dawie Roodt: Die ANC sit met eier op hulle gesigte ná BTW-verhoging geskrap word

Marianne Pouwels_b

Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop

Thabo-3-800x450

Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus

WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7

E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie

Ander Nuus Artikels

maxresdefault
Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut
cd042b9b447d9a8f
Audi sluit vier van sy handelaars in Suid-Afrika
ENOCH1-large
Die EFF, MK-party eis die minister van finansies se bedanking
GpShrnfWQAA5m9y
ANC en kie sê samesprekings het gelei tot BTW-besluit, nié die hof nie
ENOCH2
Dawie Roodt: Die ANC sit met eier op hulle gesigte ná BTW-verhoging geskrap word

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende