19 Junie 2023
‘n Koedoe wat moontlik hondsdolheid onder lede gehad het, moes op die hoofkampus van die Universiteit van Namibië in Windhoek van kant gemaak word.
Die bul het omstreeks 20:00 gisteraand (18 Junie 2023) by die administratiewe blok ingestap waar hy nie weer kon uitkom nie.
Beamptes van Natuurbewaring het hom daar van kant gemaak.
Die uitslae van toetse wat gedoen is, is nog nie bekend nie.
UNINVITED STUDENT: A kudu is said to have been found in the University of Namibia's administration building this evening. Little is known about how it got there.
— Namibian Sun (@namibiansun) June 18, 2023
Video: Contributed pic.twitter.com/dDxVnLoGvG
