22 Februarie 2023
Koalisievennote het hulle vertroue in die Tshwane burgemeesterskandidaat Cilliers Brink uitgespreek.
Brink het vanoggend saam met die leiers van die verskeie politieke partye die media toegespreek oor sy aanwysing as die burgemeesterskandidaat om Randall Williams te vervang.
Partyleiers van die VF Plus, ActionSA, die ACDP, die IVP en Cope het gesê dienslewering aan die inwoners van die hoofstad moet deur Brink geprioritiseer word.
Hulle het ook die hoop uitgespreek dat die koalisie versterk kan word.
Brink sê die veelpartykoalisie in die metro moet ook werk om aan kiesers ’n voorbeeld te stel dat die partye wel kan saamwerk, en dat koalisieregerings ook op provinsiale en nasionale vlak kan werk.