Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

Koalisiegesprekke oor JHB-metro nog op nommer 99 gevoer

22 November 2021

Die DA, VF Plus, ActionSA, die ACDP, die UDM en Cope sal vandag nog op nommer 99 probeer om samesprekings te voer oor ‘n moontlike koalisieooreenkoms in die Johannesburgse-metro.

Dit volg nadat die DA Saterdag aangekondig het dat hy nie ActionSA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg sal steun nie, omdat hulle op die EFF se steun sal moet reken om ‘n minderheidsregering in die goudstad in te stel. Die DA sal sy eie burgemeesterskandidaat, Mpho Phalatse verkiesbaar stel.

Die voorsitter van die veelparty-koalisiegesprekke, dr. Corné Mulder sê intussen die DA se besluit om nie ActionSA te steun in Johannesburg nie, plaas nie ander moontlike koalisieooreenkomste tussen die partye in gedrang nie.

LEES OOK: KOALISIEREGERING IN TSHWANE-METRO IN DIE WEEGSKAAL

Mulder sê die partye is almal verantwoordelik om te weet dat die omstandighede verskil en dat mense nie koalisies in gedrang sal bring in ander plekke waar daar ’n belang van daardie gemeenskappe is nie.

Die ANC het intussen sy koalisie-onderhandelinge afgehandel en dié party sal teen môre kandidate in meer as 200 metro- en munisipale raadsvergaderings landwyd as burgemeesters en ander ampsdraers verkiesbaar stel.

Mpo Moerane, wat tot 1 November burgemeester in Johannesburg was, sal weer as die ANC se burgemeesterskandidaat verkiesbaar gestel word.

Mzwandile Masina sal weer die burgemeesterskandidaat wees vir Ekurhuleni, terwyl Frans Boshielo benoem is as die kandidaat vir Tshwane.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende