31 Mei 2023
Nieu-Seeland se nasionale lugdiens, Air New Zealand weeg tans alle passasiers, wat internasionaal vlieg as deel van ‘n opname om die gemiddelde gewig van passasiers te bepaal.
Volgens die lugdiens sal die inligting op ‘n databasis vasgevang word, maar sal dit anoniem wees.
Air New Zealand meen brandstof-verbruik kan verbeter word indien die gemiddelde gewig van passasiers bepaal word.
Volgens die lugdiens is die opname nie verpligtend nie, maar poog hulle daarin om minstens 10 000 passasiers te weeg.
Foto: Helpline