27 Mei 2022
‘n 5-jarige seuntjie, wat gister in ‘n fratsongeluk by sy kleuterskool in Brakpan betrokke was, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

Marco Muller het op die glyplank gespeel toe sy baadjie se toutjies verstrengel raak en om sy nek gespan het. Volgens berigte het hy na bewering ‘n rukkie so gehang toe ‘n onderwyseres hom te hulp snel.
Sy tannie, Nadia Minnie sê met sy aankoms by die Life Dalview-hospitaal was hy bewusteloos en blou.
Hy is oorgeplaas na die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg. Hy is tans aan ‘n hartmasjien en ventilator gekoppel.
Sy pa Rudie Muller sê die besoekerstye was tot 21:30 gisteraand, waarna hulle deurnag gebel het om te hoor hoe dit met hom gaan.
Hy sê die breinspesialis voorspel dat Marno tussen 5- en 6 minute sonder suurstof wees.