21 Februarie 2022
Die Johannesburgse metropolisie sê ‘n kleuter, wat die afgelope naweek verlate in Noordwyk, Midrand gevind is, is in veilige hande.
Volgens die metropolisie het een van sy beamptes, Sithembile Malgas, wat nie aan diens was nie, gistermiddag ‘n oproep van bekommerde inwoners gekry oor ‘n seuntjie wat verlate gelaat is in Sagewood straat.
Die kind is tussen 2- en 3 jaar oud.
Die metro sê in ‘n verklaring dat ooggetuies aangevoer het dat ‘n vrou in ‘n wit Volkswagen Polo, met twee passasiers die kleuter afgelaai en weggery het. Die metro se woordvoerder, Xolani Fihla sê niemand kon die motor se nommerplate sien nie.
Die Midrand-polisie ondersoek ‘n saak van kinderverwaarlosing.
Media Statement:
— Jo'burg Metro Police Department – JMPD (@JoburgMPD) February 20, 2022
ABANDONED BABY BOY FOUND IN NOORDWYK, MIDRAND#JoburgCares pic.twitter.com/HUMDyXwxKa