11 Mei 2021
‘n 6-jarige dogtertjie is dood nadat sy gistermiddag deur ‘n motor op die N12 naby Potchefstroom in Noordwes getref is.
Volgens die ER24-nooddienste is paramedici omstreeks half 3 na die toneel ontbied waar hulle die kind in die pad in die linkerste baan aangetref het.
Sy is op die toneel dood verklaar.
Volgens ER24 is die bestuurder nie beseer nie, maar is wel na ‘n nabye hospitaal geneem vir skok.
Die plaaslike owerhede ondersoek die voorval.