Kleinskaalkragverskaffers gevra om aansoek te doen vir permitte


Luister nou

Volgende

Kleinskaalkragverskaffers gevra om aansoek te doen vir permitte

7 Julie 2022

Die vakbond Solidariteit het ‘n beroep op kleinskaalse kragopwekkers gedoen om in hul honderde aansoek te doen vir opwekkingspermitte.

Die vakbond het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie gesê dat grootskaalse toetrede tot kragopwekking deur kleinskaalse opwekkers nodig is  om die land se kragkrisis op te los.

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr Dirk Hermann het tydens die konferensie ‘n vyf-punt aksieplan aangekondig om toe te sien dat die probleem onder die loep geneem word. 

Hy het ook aangekondig dat hy self beplan om deur die ontwikkelingsmaatskappy, Kanton by kragopwekking betrokke te raak.

“Ons lede se werk en inkomste word op ʼn groot skaal deur die kragkrisis vernietig. Die grootste daad van werkbeskerming wat ons nou kan verrig, is om alles moontlik te doen om krag in die stelsel te kry,” sê Hermann.

Hy meen as die privaat sektor hierdie geleentheid aangryp, kan dit ʼn kragrevolusie veroorsaak.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Kleinskaalkragverskaffers gevra om aansoek te doen vir permitte


Luister nou

Volgende