Klawer-man vandag in hof na 13-jarige seun se grusame moord


Luister nou

Volgende

Klawer-man vandag in hof na 13-jarige seun se grusame moord

7 Februarie 2022

‘n 56-Jarige man verskyn vandag in die landdroshof op Klawer in die Wes-Kaap, na hy in hegtenis geneem is vir die grusame moord op ‘n 13-jarige seun.

Volgens die verklaring wat die man aan sy prokureur gegee het, het hy die 13-jarige seun se liggaam glo op swartsakke geplaas en dit met ’n mes in stukke opgesny.

Daarna het hy glo die swart sakke verbrand en toe van die oorskot ontslae geraak deur dit in die drein af te spoel.

Hy sê ook in die verklaring dat hy alleen vir die seun se dood verantwoordelik is, dat hy weet wat hy gedoen het en dat hy weet hy gaan lank tronk toe.

Hy gaan glo nie om borgtog aansoek doen nie en beken dat hy die kind doodgemaak het

Die tiener, Gerobejin van Wyk het verlede Woensdag verdwyn nadat hy en ’n ander maatjie mango’s uit die man se erf gesteel het.

Volgens van Wyk se maat het die man hulle met sy bakkie agterna gesit, na hy hulle betrap het terwyl hulle besig was om die mangos te pluk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Klawer-man vandag in hof na 13-jarige seun se grusame moord


Luister nou

Volgende