Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het klagte van bedrog teen die voormalige Johannesburgse burgemeester, Kabelo Gwamanda, terug getrek.
Hy en sy mede-beskuldigdes is daarvan aangekla dat hulle in 2011 en 2012 mense bedrieg het deur ‘n begrafnispolis-bedrogspul.
Gwamanda het vanoggend vlugtig in die Protea landdroshof verskyn waar hy gesê het dat hy nie verbaas is oor die NVG se besluit nie.
Hy sê die staat het nooit ‘n saak teen hom gehad nie, en dat dit net ‘n polities-gemotiveerde aanval op hom was.