29 April 2022
Die skade weens die betogings in Kirkwood in die Oos-Kaap beloop nou al bykans R170-miljoen.
Die Oos-Kaapse sitrusdorp en omstreke is sedert verlede Woensdag tot stilstand geruk deur stakende en betogende plaaswerkers.
Plaaswerkers eis onder meer ’n loonverhoging van R30 per uur.
LEES OOK: KYK: BOERE GAAN GEBUK ONDER KIRKWOOD-BETOGINGS
Die Sondagsriviervallei Sitrusprodusenteforum het gisteraand op die werkers se eise geantwoord, maar het nog nie terugvoer ontvang nie.
Skade vir die produsente word reeds rondom R100-miljoen beraam, weens oeste wat nie afgehaal en uitgevoer kon word nie.
Daarby word die skade aan landboutoerusting, geboue en infrastruktuur op ’n verdere R70-miljoen geskat.